Wanneer ek nie meer die storms kan beheer nie en dit my soos ‘n vloedgolf tref waar ek sielsverlate sonder jou –my reddingsboei– hopeloos in die oop see met my emosies stoei en paniekbevange in bodemlose waters trap wyl ek spook en spartel om aan iets tasbaar te klou; wil ek op ‘n klipkrans staan […]

My lief, ek wil jou vashou ek wil jou troos en vir jou liefkoos ek wil vir jou die maan agter die wolke gaan haal en elke aand hand aan hand tussen die sterre verdwaal waar ons sweef tussen planete en saam lugkastele bou ek wil elke greintjie van jou psige van seerkry weerhou en […]

in ‘n finale vlietende spel skiet ‘n sterwende ster verby; deur die melkweg tersyde gestel veg hy teen die nag se ebgety tanend onder die mag van aardse swaartekrag wyl hy hygend deur die nanag dwaal voor hy prag en praal ‘n laaste maal sy liggloed inderhaas aanvuur om ‘n laaste vonkelgroet die heelal in […]

soos golwe wat voor die kuslyn dein en bruisend oor die skulpiesand breek spoel liefde ook oor die hart; nie soos borrelbranders oor ‘n strand se speelkant nie maar, soos spoelsand wat vergiet en na ‘n duisend jare heen digteen die siel se broosblou binnewand tot kwartsiet v-e-r-s-t-e-e-n Neologisme: borrelbranders = bruisende branders broosblou = […]

gesout teen berou was ons ons hande fluksvas in koperkomme Neologisme: fluksvas = fluks+getrou/pligsgetrou ©Loretta Szikra

Sal ek pond en pennie lag-lag betaal sodat my woorde my nimmernooit faal voor ék my lier aan ‘n treurwilger hang wanneer my ink in die niet wil versink? Sodat my woorde my nimmernooit faal sal liefde my verstand steeds besiel wanneer my ink in die niet wil versink as my gedagtes teësinnig verkalk. Sal […]

uit wolke van genade verleen reën maagdelike water getrou in kristalhelder stroompies heen om alles wat Ãs met lewe te seën ‘n laafnis vir wie die lig aanskou uit wolke van genade verleen wat ons voortbestaan ondersteun en die wêreld se dors onderhou in kristalhelder stroompies heen wat oor Godsakker eb en dreun na wendamme […]

inmiddels venyn kan ‘n reënboogvolk saamstaan agter groen en goud © Loretta Szikra

Op ‘n ander someraand het die wind verlangend deur die bergklowe geloei en haar klaaglied gelate in die suurveld uitgestort terwyl vuurwarm vonkelings in jou ysblouoë gegloei het daar, waar ons halfnaak onder die bosveldmaan langs die knetterkraak van ‘n rooikransvuur in ‘n honger hunkering (sonder skaamte of identiteit) voor die nag se sterwensuur tot […]

elke nuwe dag bring ‘n flikkerblink begin vergewe jouself ©Loretta Szikra




