As jy my vashou (Goud)
My lief,
ek wil jou vashou
ek wil jou troos
en vir jou liefkoos
ek wil vir jou die maan
agter die wolke gaan haal
en elke aand hand aan hand
tussen die sterre verdwaal
waar ons sweef tussen planete
en saam lugkastele bou
ek wil elke greintjie van jou psige
van seerkry weerhou
en al die goedheid wat jy bied
met my liefde omvou
ek wil vir jou die aandster
op ‘n silwer skinkbord bring
wyl ons luister hoe die wind
vir ons haar naglied sing
as jy my vashou
en my troos
en net vir my liefkoos.
© Loretta Szikra 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek