Voedselketting
sjuutjies en stadig
spin die spinnekop nader
na haar moeë prooi
‘n swartwit laksman
staar-stip na die spinnekop
vang haar met suskes –
voedselketting waar
energie vloei in sirkel
sonder ‘n einde
Kopiereg voorbehou: Roeline
Digformaat: Haikoe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.