Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Ek mis jou…

Wanneer ek nie meer
die storms kan beheer nie
en dit my soos ‘n vloedgolf tref
waar ek sielsverlate sonder jou
–my reddingsboei–
hopeloos in die oop see
met my emosies stoei
en paniekbevange
in bodemlose waters trap
wyl ek spook en spartel
om aan iets tasbaar te klou;
wil ek op ‘n klipkrans staan
en jou naam oor en oor
teen die hemel vasgil
terwyl ek my longe
met die nag se kil lug vul
en skree tot die heelal
die dwalende eggo’s
van my verlange aanhoor,
al word my snikke ook
deur die wind gesmoor.

© Loretta Szikra 2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed