Jongste aktiwiteit:

Onbeskaamde Bosveldnag (Goud)

Op ‘n ander someraand
het die wind verlangend
deur die bergklowe geloei
en haar klaaglied gelate
in die suurveld uitgestort
terwyl vuurwarm vonkelings
in jou ysblouoë gegloei het

daar, waar ons halfnaak
onder die bosveldmaan
langs die knetterkraak
van ‘n rooikransvuur
in ‘n honger hunkering
(sonder skaamte of identiteit)
voor die nag se sterwensuur
tot een soliedie entiteit
in liefde saamgevloei het.

© Loretta Szikra




2 Kommentare

Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak