
Naspel van ‘n vallende ster (Goud)
in ‘n finale vlietende spel
skiet ‘n sterwende ster verby;
deur die melkweg tersyde gestel
veg hy teen die nag se ebgety
tanend onder die mag
van aardse swaartekrag
wyl hy hygend deur die nanag dwaal
voor hy prag en praal ‘n laaste maal
sy liggloed inderhaas aanvuur
om ‘n laaste vonkelgroet die heelal in te stuur
wat briljant in die donker fragmenteer
voor die aarde sy oorskot absorbeer
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek