Jongste aktiwiteit:

onwillekeurig

 

drome kom

drome gaan

onwillekeurig

gebeur dit

soms herroepbaar

dikwels verloor jy dit

sodra jy wakker word

sommige mense glo in drome

vertel van betekenisse wyd en syd

by ander is dit maar net iets mooi

en selfs baie lastige nagmerries

soms droom jy oor oorledenes

gesels jy met hulle asof

dit nog moontlik is

soms voel jy aan

dat hul jou iets

wil vertel

dalk ‘n waarskuwing

aan jou wil oordra

drome kan ontstellend wees

veral wanneer dit verband hou

met jou hedendaagse lewe

iets wat jou heeltyd

bekommer – kan

‘n droom word

hoe ouer ek word

hoe meer droom ek

van die verre verlede

en minder oor my daaglikse

sorge en stryd met die tyd

mag jou drome jou net

vreugde en vrede

bring – sela

 

©Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak