sluk ‘n sonneblomsaad om in jou hart te ontkiem sonblompie vrou draai jou kop na die vlam sodat die strale se geel jou blaartjies se storie goud kan verf dans in die reën sodat die wortels diep en geil sal groei langs die Jordaan se waterstrome vul jou longe met suurstof van onse Heer sodat […]

Droom denker ek droom van hawens waar net ‘n enkel visserboot vasmeer ek droom van raar lelies wat uitbundig blom in Ikabod valleie ek droom van wolke sonder krabbers en ek droom van jou drome sonder gesigte drome sonder ‘n einde drome sonder drome drome sonder Ikabod valleie ek droom van ‘n veilige hawe waar […]


Die wet van die feëtjies 909 woorde, brons kategorie Polimiek, politiek en realisme ter syde. Jy is nooit te oud en geleerd om ‘n ietsie te vat van elke interaksie wat jy het nie. Hoe groot en glorieryk, of hoe klein en niksseggend dit ookal lyk nie, Maak nie saak hoe groot jou woestyn is […]



Brons Kategorie 948 woorde GEBOUE VAN VLEIS Ken ons mekaar ooit? Het ek al jou gesig gesien? Ek glo nie. Jou mensgesig is perfek aanmekaar geweef sodat jy, eintlik gees, ‘n prentjie kan wees. ‘n Lyf om jou op aarde te dra, te verteenwoordig en waarin jy kan “woon”. ‘n Lyf wat jou tydslyn kan […]

Ek leef in Afrikaans vol giggelgolies en poenankies uit die Boland wanneer die sonbesies kir- kir – kor Wanneer toeternoelies in my hart kom lê En ‘n koekemakranka iets vir my kom sê ‘n Hus met lang ore want ‘n onhehude kind is gister gebore My honde Kwagga en Patat het ‘n onderonsie met die […]

Daar’s storielyne oor jou gisters as jy jou sonskyn na my toe draai In jou donker onbekende ruimte skyn ‘n melkweg deur jou siel se vensters Bring jou sterre lig vir die reisigers deur jou stad Ken jy die pad na die Vader se hart So ek gee vir jou ‘n Protea om jou te […]

. Ek sal aanhou dans as dit donker word Tot die môrester weer in my hart opkom Tot die swaeltjies weer op my leë stoep nesmaak Totdat ek die oase vind in my woestyn Ek sal aanhou sing al is my liedjie klaar Op gebroke mineur my kop draai na die son My esens stuur […]




