In die stille huil van woorde Loop kronkelpaadjies opsoek na ‘n nuwe hede ‘n mooie sonder doringdraad Of ‘n leë hart vol smart Geluk toegedraai in mos Al die hartseer agterlos Waar kuddes huppel, vrolik uitgelate Deur groen sagte gras Die seewind wat roep, in ‘n toegevoude skulp se hartklop Jou wese deurspoel met liefde […]

Ek wil wegwaai saam met jou, in ‘n warrelwind, Stilletjies jou hand vat, al die klein goedjies in jou hart pak En aan mekaar belowe, dat ons onperfekte deeltjies Al die Donker swart gedagtes weghou Wil saam met jou op die wolke dans, terwyl dit reën Kom ons loop saam deur hierdie deur Die lewe […]

Seisoene draai Dagbreek van ‘n nuwe onthou Gister se trane wat nog daaraan klou Verander die grys in blou Toe ek my kerskous weer oopvou

Jou tydlose prag, op jou eenspoor pad Klim jy die steiltes uit Tot jou stoom verdwyn in die sproei van die mis Langs geroeste lyne, van vergete treine

Waarheen vlug jy? Na ‘n sprokiesland vêr van hier, in jou eie wentelbaan ‘n plek waar jy net in jou diepste drome heen kan gaan Waarna soek jy? Weg van die gedruis van verwar wat jy hoor Waar daar niks is om te verloor

Wanneer ek gaan ophou, onthou en vashou Gaan die tyd stilstaan Sal alles dan net verbygaan Al my drome saam jou Tussen alles, hou ek aanhou loop Hou my hart net vir jou oop

Hemel’soene ❤ ‘n Vrou se wese, haar vrese, haar pyn maak haar geloof net sterker Sy is soos ‘n blink diamant, wat jou met wysheid sal lei Soos sonsopkoms, die skoonheid van elke nuwe dag wat glimmend op haar wange skyn🌅 ‘n Briesie met dagbreek, so weerloos is ‘n vrou se binnekant Soms kry sy […]

Die reëngodin gooi haar spierwit mantel om haar lyf Sy gaan staan op die hoogste berg, en wag vir die reën Sy voel hoe die ekstase in haar opbruis, toe die eerste druppels skaam-skaam met ‘n soen oor haar lippe streel Soos hemel’sagte trane rol dit teen haar wange af Sy gee haarself oor aan […]

Sag skyn die sterre in die donker nag Jou hart begin van vreugde glimlag Is dit ooit genoeg om dankbaarheid te beskryf? Net jammer ons is vasgevang in die aardse swaartekrag

Suid-Afrika is ‘n sterk nasie Rotsvas gebou op ‘n stewige fondasie Dis hier waar ek bly, oud word en eendag gaan sterwe Al lyk jou mure soos verbrokkelende murasies




