“Shed the weight, taste the moment.” – anonymous Op daardie oomblik was ek nie seker of dit ‘n grap was nie,maar ek moes kliphard lag toe hy kaalgat in die plaasdam spring.“Die water is heerlik en die hemel is blou. Is jy ook lus vir swem?”Hoe kon ek myself van so ‘n oomblik weerhou? Toe […]

Hoog bo seevlak waar windstrepe dwaal,saam met die lied van Moeder Aarde se verhaalval ‘n stroom dreunend uit klip se mondspoel van rots tot rots, bruis dit tot teen die grond. Ek sit op die rivierbank met my tone in die nat sand,kyk hoe riete buig in haar silwer hand. Jy het vir my vertel […]

Ek het gister gesien,soos ‘n bleek hand wat leemtes vul –gebare sonder gewig,‘n dowwe truspieël van voortyewat hulself oor en oor herhaal. Vandag, vlietend,het ek vroeg my hande na bo gesteek,skadu’s vol beloftes probeer pluk –net om te kyk hoe ditin die skerp sonlig verdwyn. Môre hang reeds doer oor die rante,‘n sirkelgang wat kom […]

Wat as jy een oggend wakker worden die wêreld voel soos ‘n jas wat knelwaar jou huis se mure jou stiltes steeljou dagboek soos kettings om jou klapen die stad brul soos ‘n ongenooide gas Wat as alles raas—te veel stemme, te veel vrae, te veel seer en jou hart net verlangna ’n plek waar […]

Dis heerlike Kersfees, nog ’n jaar is verby, ons hou weer vakansie, net ek en jy. Ons luister na golwe, ons braai op die stoep, tot die Ster van Betlehem na ons roep. © 12/2024 Caren Kearley

“Kersfees klokke sing ‘n sagte melodie, sterre dans in heilige harmonie. Ek pluk die helderste een vir jou, my lief, om in jou hart te hou.” © 12/2024 Caren Kearley

Sal jy altyd kyk hoe die son oor my skyn sal daar altyd ‘n plek in jou arms wees waarheen ek kan vlug sal jy ook my lig wees terwyl ek verse versin of myself verdiep in afwesige woorde sal jy my kom soek wanneer ek in die donker verdwaal en sal jy my altyd […]

“Love is a symbol of eternity. It wipes out all sense of time, destroying all memory of a beginning and all fear of an end.” – Madame de Stael moet dit nie weer vir my sê nie ek wil dit nie weer hoor nie my asem slaan weg elke keer as ek dit die eerste […]

Die sagte omhelsing van duisternis verwelkom my elke aand in stilte ek wikkel my styf toe in my kombers van saligheid laat die slaap my oorkoepel soos die wingerd die prieël omhul hier in die inkapseling van die nag vind ek rus en vrede so sus ek myself in die kalmte van die duisternis se […]

Ek skryf en skryf met vuur in my vingers ure vlieg en dae verdwyn die donkerte in soos my woorde vlamvat sin na sin ontplof my pen vol ink my gedagtes gloei soos koeël en ek skryf met letters wat na bo wys in my simfonie van tale skryf ek jou raak skryf ek jou […]



