Jongste aktiwiteit:

DESOLAAT (goud)

Sal jy altyd kyk hoe die son oor my skyn
sal daar altyd ‘n plek in jou arms wees
waarheen ek kan vlug
sal jy ook my lig wees
terwyl ek verse versin
of myself verdiep in afwesige woorde
sal jy my kom soek
wanneer ek in die donker verdwaal en
sal jy my altyd styf vashou
wanneer nanag passies ons ontwaak
want alleenwees
is baie lekkerder saam met jou
as saam met iemand soos ek.
© 11/2024 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde



2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed