Jongste aktiwiteit:

Pais en Vree

Die sagte omhelsing van duisternis

verwelkom my elke aand in stilte

ek wikkel my styf toe

in my kombers van saligheid

laat die slaap my oorkoepel

soos die wingerd die prieël omhul

hier in die inkapseling van die nag

vind ek rus en vrede

so sus ek myself in die kalmte

van die duisternis se arms

elke opstaan is ‘n terugkeer

elke nuwe dag ‘n wedergeboorte

na die heilige kokon van my eie pasifisme.

 

© Junie 2024 Caren Kearley

FB: Nimfoleptiese Woorde




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed