Lila mymerings
Fluweel sag
kruip hierdie nag
oor die voue van my dag
my vlerke sleep stofstrepe oor alle
helder voetspore en vernielde verlange.
Papgeplukte drome
val sekuur vas teen die maanlig-mas
van hierdie ster beligte nag.
Hang my tog teen jou versies
vanaand nog, asseblief
woord-vir-woord
herskryf my tog tot bywoner
van ‘n gewone grote bestaan
voor die twaalfde uur
die stilte uit my denke slaan
plaas my sinryke soeke onder senuur.
Sluit strofe nommer ses
met lewendige lila-agtige woorde
want hemel-weet
goedkoop drome
oorleef geen sterk strome.
© Caren Kearley
Kopiereg word voorgehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.