Jongste aktiwiteit:

Lykwoorde

(“Actions speak louder than words”)

Bleek bewus van die wete
dat sommige eggo’s deur klankbane gis
en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen
metafore gebaar in snikke onder lykwoorde
om van alles ‘n leë fasade te maak
opsoek na ‘n bietjie warmte
in ‘n hart van staal

Soms word woorde stil-gebore
gewieg deur die wese van ‘n wakende wind
wat saggies oor oop grafte fluister
van mensdier se daadlose dade
versanik ‘n ontydige tarentaal terminal.

Almal praat so baie, sê hopeloos te veel
oor alles en bitter-soet se min
waar moet die engele dan nou begin?
hoe word beloftes waar?
wanneer woorde net mis voor die son kan baar.

© Caren Kearley
Kopiereg word voorgehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed