Haar liggaam is ‘n vallei waar hy in anargie baklei soos storms (oop)skeur, sy hart dra geen verweer waar hy in anargie baklei bedaar sy hom in haar oeuvre sy hart dra geen verweer, in konfessies wat sy bedaar sy hom in haar oeuvre soos storms (oop)skeur in konfessies wat sy haar liggaam is ‘n […]
Gisteraand het ons gedroom (s)katkiste en vismanne, seerowers-viking fokkers- hier om als om-te-dompel soos chiruge op ‘n operasie tafel, maar in realiteit… val ons, vanuit ‘n ontwapende kapabel; dat ons nes miere- geheg is aan ‘n stroom normaliteit wat sif tussen orde en anargie. Goueklas ©Morné du Preez
Volgens alle sedes van ‘n linkerklou se seges- “Jy met die hand van sonde” Jy dra die brandmerk van ‘n onhandige kryger; erre-erre-erre, kik al van ‘n paap, tugtig alle elle- volg die inkgevlekte palme, Dis die duiwelshand! Tot in hedendaags, ‘n allemintige geveg Self die buurman glo hy’s reg. Da’Vinci steek dit selfs weg, […]
Vincent was nog in sy kas, toe kom Dali, sy miere en ‘n tas. Ons kyk na lewe deur ‘n skyfie glas en hou aan die skoene wat pas; sandkorrels syfer egalig in die aanhoudende verweer. Geweer-geweer, vra ‘n Cowboy oor sy geweer; ‘n boesman loop verby sy seer, die korrels val, die korrels val… […]
Sy dra ‘n masker, ryp wit van albaster. “Onthou jy nog, daai dag by die see?” Hy dra ‘n masker, swart gegiet soos ‘n donker abissaal. “Daar was ‘n mandjie vol dadels en ‘n trossie drywe wat ons kon deel” Hoe donkerkil is ‘n winter, swaai-swaai-om en om oor die vloer. “Die sand gly tussendeur […]
‘I killed the sun so that i could have the moon’ Jy was ‘n skadu gewees; van iets wat jy voorheen was, nou is dit net as. ‘Now the moon is full and i miss the sun’ Dit is winter, wagtend vir sneeu; die mure is kaal en skroei; iewers in ‘n hoek wil ek […]
My geliefste, as jy maar net hier was; ek sien jou in donker praal wanneer aarde in sy vrugbaarheid, bome laat bot en velde blom. Hoor my treursang-geliefste, my trane wat in watervalle neurdal. Seisoene soos herinneringe, wind wat deur gralsande sy einde nooit vind; dag en nag se omwenteling- ‘n verskiete-stêr en jy… My […]
Sou jy na daai eerste oerlaag nog jou groenvalleie teen bergkraanse ophef, vir die mens wat jou kom kruisig? jou pens soos ‘n verskeurde bokooi laat wemel vol larwes? O’ liewe Aarde mens masjien sal oor jou sing soos wat ‘n sondagskoor begin, ek sidder nog en huil. in elke skilderdoek van jou, lê ons […]
Die dae is lank en uitgestrek; ek wil soos ‘n windvoël die lug oopvlek, en neerdal tot my geliefste plek. Ek hou my oë stip-stip gerig; groen is die dal, kranse staar ongedeerd terug; doer onder koester jou gesig so sal ek jou vind in die vlug. Dit begryp my nou: soos die […]