Die brandmerk van die elle
Volgens alle sedes van ‘n linkerklou se seges-
“Jy met die hand van sonde”
Jy dra die brandmerk
van ‘n onhandige kryger;
erre-erre-erre, kik al van ‘n paap,
tugtig alle elle-
volg die inkgevlekte palme,
Dis die duiwelshand!
Tot in hedendaags, ‘n allemintige geveg
Self die buurman glo hy’s reg.
Da’Vinci steek dit selfs weg,
Maar die elle bly veg!
©Morné du Preez
Sedes= morele waardes
Seges=oorwinning
Goue klas
2 Kommentare
-

Christa D
Welgedaan. Hierdie uitdaging sowaar 'n groot uitdaging.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Augustus 2025 - Linkshandige projek