korale van ons volk
in triesterige koue wind
sit ek vanoggend op my duin
al wat ek sien is die uitgespoelde
skulpe van ons volk se strewes
toe daar tyd was vir aksie
was ons te gierig en te reg
was ons eersugtig en so seker
breek skulpe oop en vergaan
hier en daar kom borrels
uit die sand probeer gloei
maar sout is die water daaroor
brand dit steeds soos vuur
onder op diepwater riwwe
groei die korale van ons volk
in glorieryke kleure blom dit tog
met menigte klein vissies
my duin is koud en grou
tog verf daar strepies kleur
die sand en die blou hemel rooi
net asof die hoop dit tooi
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.