Wat bly oor as daar niks is
‘I killed the sun so that i could have the moon’
Jy was ‘n skadu gewees;
van iets wat jy voorheen was,
nou is dit net as.
‘Now the moon is full and i miss the sun’
Dit is winter, wagtend vir sneeu;
die mure is kaal en skroei;
iewers in ‘n hoek wil ek bloei
en woorde aan gordyne boei.
‘Time will kill is us slowly’
Die langbeenperd het ‘n vuurpyl stert
ons kyk met ons oë,
maar niks is sigbaar in ons harte.
©Morné du Preez
Goue klas
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek