Jongste aktiwiteit:

Verwagting

Wanneer jy min verwag
kry jy min
maar wanneer jou verwagting
oorweldigend grens
kan jy verseker weet
die hoop vir beter
is geanker in die beloftes
wat God oor jou lewe droom

wanneer jy in ewewig staan
met Sy plan vir jou toekoms
en die Heilige Gees jou lei
sal jy na meer smag
as wat jy van die wêreld kan kry

soms lê teleursteling oop
maar as jy nie waag nie
sal jy nie weet nie

en hoe groei jy in gees
as die beperkinge van jou vlees
jou weerhou
om aan jou verwagtinge te bou

jy lê jou tekortkominge neer
kniel in gebed
verstel jou verwagting na meer
en deur die genade van bo
probeer jy weer en weer.

© C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed