
Kinders van die grens
In die witsand van Rundu
lê geen bloed meer, net stof en onthou
tussen dorings en mopaniebome
was ons offerandes op onbekende grond
ons het ons speletjies verruil vir patrone
ons drome vir stilte na die skote
ons seunshande was nie geskep vir doodmaak
maar vir slingervel en sandkastele
met die R4 teen bors gedruk
het hart en hoop saam gebid
want vrees kom klou soos stof
aan die sweet in ‘n staaldak
broederskap is onvoorwaardelik gegee,
‘n ongesegde trots vasgevang in die stryd
ons het geswig onder die oorlog se tyd
en in die roesbruin sonstrale va’nie Caprivi
nou is die baracks leeg, die stemme weg
maar ek hoor hulle nog in die lang gras,
in die krake van die murasies
en die herinneringe vul my met emosie …
net my ma het geweet –
haar kind was ‘n geskonde man
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek *Ek stel vir jou reg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Awona
Hi Anze, ek sien nou ek het 'n tikfout begaan. Kwatryn 4, 4de vers. Dit moet roesbruin wees en nie roesbruid nie. Is daar 'n maier om dit reg te stel?