
stof en stilte Goud
stof en stilte
op skilferige stoepsement
tussen sukkelplante in ou koffieblikke
sien ek die verbete trek om sy mond
en volg sy oë waar dit wye draaie
oor die werf loop –
tot ver verby die lyndraad
en gaan stilstaan
by ’n windpomp wat weer wes kyk
die gloed van die sakkende son
belig die groewe op sy gesig
en my hart krimp ineen
toe hy my hand bemoedigend druk
want hoe sal ons ooit vergeet
hoe groot ons drome was?
toe skuif ek nader
en breek teen sy bors
© Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek