
Honger vuur (Goud)
in ‘n diepe droom van son en see
waar goudstrande teen wit wolke smee
kom daar uit die hemelkring
‘n skoonheid wat van liefde sing
in haar wierook-en-laventelhand
lê diep my hart se skemerkant
en in die wind se wispeltuur
lek uit my mond ‘n honger vuur
ek wou haar wese wild verslind
toe haar mag my drif in eed verbind
Andries Fourie (Seirdna)
04.04.2022
4 Kommentare
-
Driekie
Sjoe, Andries, ten spyte daarvan dat dit glad en lekker lees, trek elke woord in die kol.
-
Wendy Leigh
Uitmuntend❤️ Bravo! Mooi so liewe Andries. Baie dankie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek