Jongste aktiwiteit:

Braille kiekies (Goud)

die kiekies in die swart boek
se hoekies is verslyt
maar die raampies is nog handig
want dit hou my hande uit

my hande wou my sig herhaal
oor die deinings van haar lyf
en toe strelend soos ‘n braille-gebed
my vingers daaroor vryf

A Fourie (Seirdna)
16.07.2020




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed