Jy vou my Geduldig Hoek op hoek Versigtig Skeur jy stukkies weg Perfek Jy kyk na my Opgewonde Gooi jy my deur die lug Emosieloos Loop jy weg toe ek val Stukkend Los jy my daar Vergete
Die gediggie is vir ouma ek het ‘n nuwe ouma gekry en ek moet sê – ek is vrek lief vir haar elke keer as ek haar sien ontmoet ons vir die eerste keer alweer Die gediggie is vir ouma Al is ouma nou anders Onthou ek wie ouma was En weet ek dat ouma […]
Jy is deel van die sterre Die sterre is oneindig Dit maak jou oneindig Breek los, droomjager Jy is uitgeblaas
Ek is maar net ‘n teekoppie Vasgevang in ‘n voëlhok Opgehang in ‘n boom vol vreemde goed Ek mis darem nooit ‘n sonopkoms nie Voëltjies sing my betyds wakker Soos hulle in die vreemde tuin speel Ek vang myself gereeld na die wind luister Dan wonder ek hoe ek hier gekom het – Hoe word […]
Dit was soos kuns Wat gewag het om te gebeur Dit was perfek: Die musiek Die sterre Die alleen wees Jy Gegryp wat ons kan Voor die tyd als weer kom wegvat Gedoen wat ons kan Met die bietjie van onsself wat daar was Dit was soos kuns Wat gewag het om te gebeur Toe […]
“Musiek is my lewe” Lieg ek vir myself terwyl ander se seer myne uitdoof Sit dit net harder elke keer as ek voel sit dit net harder Ek ken al die woorde ek voel al die woorde dit is nou my woorde Die bass druk my teen die aarde vas elke liriek is ‘n trappie […]
Jou woorde ruk my rustig Jou gedagtes hok my vry Ek kyk bang vir jou, verlief Ek wag opgewonde vir die seer Jy is jy Lieflike onrus En ek, wel, ek soek myself nog
Ek is bang om my hand uit te steek Wat as jy hom nie vat nie Wat as ek vasgevang word in iets Wat net ‘n droom gaan bly Hier staan ek nou, hand uit gesteek Dit is omdat jou oë dit regkry om my op teen die aarde vas te druk en op dieselfde […]