Jongste aktiwiteit:

Hard harder doodstil

“Musiek is my lewe”
Lieg ek vir myself
terwyl ander se seer myne uitdoof

Sit dit net harder
elke keer as ek voel
sit dit net harder

Ek ken al die woorde
ek voel al die woorde
dit is nou my woorde

Die bass druk my teen die aarde vas
elke liriek is ‘n trappie wat my wil wegvat
ek luister nie eers meer nie

Die stiltes tussen wegbreek
ruk nou al aan my
Wat was ek besig om te luister?

“musiek is my lewe”,
want ek is te bang vir die stilte




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed