Jongste aktiwiteit:

Pak vir my ‘n tas vol Lente

Pak vir my ‘n tas vol Lente Pak vir my ‘n tas vol lente met swaargevulde parfuumboeket malse geure wat nuwe kleure oop palet in groen geel oranje wit en rooi getooi Pak vir my ‘n tas vol lente van haar waterval se wasem-asem haar kronkelende riviere en fonteine en soet kabbelende waterstrome Pak vir […]

Lees meer

Die spasies tussenin

Die spasies tussenin spasies gevul met niks of so wil dit voorkom grenslose leegheid of, dalk miskien nie ek rig my oë op dít uitgestrekte leegheid golf partikulêre dualiteit en ek vind die      spasies          tussenin dis ‘n primitiewe vasval in dryfsand as jy dwaal deur die neocortex van die […]

Lees meer

L-E-W-E

L-E-W-E is lewe ‘n komplekse tapisserie met ingewikkelde fraktale, met ‘n innerlike gids wat ons vergesel en niks deur toeval gelei word ons so kwesbaar … soos ‘n spieël in ‘n raaisel verberg-nog-nie-openbaar nie of is dit daaglikse komplekse keuses, robuust geïnkarneer as ‘n ongewone kunswerk beïnvloed deur ‘n delikate balans van bewuste en onbewuste […]

Lees meer

Inferno van smart

Inferno van smart Soos note val as vuurreën uit die lug, dartel vlamme op my hartsnare, vorm melodieë brandend op die emosies in my hart, skilder vlamgrypers nou beelde diep in my sielesmart gebrandmerk om my op vonke te laat kadriel jou naam geêts op my siel. ©️Riana Crafford

Lees meer

Winterdood (Junie Haiku projek)

Yskristal verkleef stalagtietstyf teen my lyf priemdood in winterkou ©️Riana Crafford 21/6/23 Neologisme: stalagtietstyf = stalagtiet + styf Priemdood = priem + dood Yskristal = ys + kristal

Lees meer

My lief

. … My lief … Ek staan voor jou my siel naak gestroop van alles wat skeiding kan maak tussen my en jou in my hande lê my kintsugi-hart geheel van alle wonde die kosbaar waarmee ABBA jou vertrou ek mis jou vanaand my hart soos ure dae word weke en maande tel ons elke […]

Lees meer

Pelgrim op reis

Pelgrim op reis In ‘n pelgrimsreis na ‘n nuwe enklave vir ‘n meesleurende oomblik op ‘n afgeleë peron het 2 mense se meridiaan en latitude ontmoet oewerloos ontvou die peron in treurgrond in die môreson in die cul-de-sac van gevleuelde woorde het liefde se skede ontvou in gebede parskuipe met nuutgeskinkte bruilofswyn het in ‘n […]

Lees meer

Lapis Lazuli

Lapis Lazuli (Jou essensie)   Marmer is die kristal-blou van lapis lazuli antieke rots deur eeue se gesteentes gevorm krag-draende fotone wat straal uit die ewigheid, is ‘n weerspieëling van jou (magiese) wees wat refrak in die kristal van jou aqua oë –   die essensie van die menslike bestaan is swaar soos die geur […]

Lees meer

Vagevuur

VAGEVUUR waar woorde in die vagevuur van my dink versink vloei verse uit verbode woorde geskrewe doop ek my pen in die swart van ink druppend op perkamentrolle van die lewe in die stil donker middernagtelike ure skryf ‘n digter manifeste oor dood en lewe waar minnaars min met grenslose mate en skurke bloedoffers bring […]

Lees meer

Paspoort na my

Paspoort na my As my kyk in jou versink verblind jou blink my gees die letters rrrol in diep lettergrepe uit jou mond met jou oooo so bekende soutie duitse aksent mesmeriseer jy my met die enigma van jou wees op ‘n doodgewone dag het ek jou die eerste keer hoor lag die adel in […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed