Jongste aktiwiteit:

Pelgrim op reis

Pelgrim op reis

In ‘n pelgrimsreis na ‘n nuwe enklave
vir ‘n meesleurende oomblik op ‘n afgeleë peron
het 2 mense se meridiaan en latitude ontmoet
oewerloos ontvou die peron in treurgrond in die môreson

in die cul-de-sac van gevleuelde woorde
het liefde se skede ontvou in gebede
parskuipe met nuutgeskinkte bruilofswyn
het in ‘n Judasbeker van verraad in silwer verskyn –

maar nog loop sy in skoonheid en prag
in die grasieuse gang van haar beweeg
lê die ewigheidsdrome van haar wees
koester sy die wete sy het diep lief gehad

in haar skoonheid ‘n hart wat hemelwaarts reik
wat gesien word in die lig wat uit ‘n siel refrak
wat weerspieël word in die gloed van ‘n hart,
lê die prag van die hemel in ‘n kristal-groen kyk

en alles wat die beste is van lig en donker
ontmoet in haar elke aspek en in haar kyk,
soos die nagdonker van ‘n wolklose hemel
en die stergevulde gewelf van die mazzaroth –

in die fokus van my wye-skoot kamera lens
was my lewe saam met jou onbegrens
maar soos Jabes offer ek nou ‘n gevlerkte gebed
vergroot my enklave, gee my arendsvlerke, my enigste wens

  • ©Riana Crafford



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed