Jongste aktiwiteit:

sing ‘n ou liedjie

   
wie het die skaduwees gaan haal
wat al agter die son aan straal
hoekom speel hulle nou drom
as maan op sy volste kom
maar swyg in ‘n doodse vrees
as dit donkermaan gaan wees
   
wie kruip in die skaduwees weg
sluip oor ligkol in donker steg
hoekom blaf die honde nie
is hul tonge dalk vol brie
hul reuksintuig dalk geblok
sluiper se grondreuk verstop
   
wie stort trane oor die held
stap geboë oor donker veld
waar is my pappa dan nou
wie gaan kinders wil vashou
sal daar ooit ‘n einde kom
net ou wagter wat nog grom
   
wie staan en huil by ‘n graf
sou dit dan wees onse straf
wie staan daar met die blink staf
   
©Teárlach.



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed