Jongste aktiwiteit:

Ontnugtering Goud

Ontnugtering

 

In die nag se donker ure

sluip jou ysige kloue venynig

pynlik deur my hart,

koue slanke vingers omvou my,

hou my grynslaggend,

oorwinnend teen jou aan

 

middernag drome vorm silwer spore

teen die kartel van my wang,

jy verslustig jou in my onbewaakte oomblik

van totale nikswees,

terwyl my menswees kwesbaar,

onbeskermd

in die newels van my drome hang

sweef my totaliteit van realiteit

rigtingloos,

gevoelloos,

doelloos voort

ontwaak die wrede helse besef;

jou hart klop maar jou siel is dood

 

AmandadM




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed