sorg
die sorge van die dag
laat nie op hul wag
sorgsaamheid is ook lydsaamheid
om vir iemand te sorg
om versorg te word
so dra elkeen sy eie sorge
ouers dra dit dubbel
terwyl kinders siele sonder sorg kan wees
totdat hulle groot word om hul eie sorge te kan dra
moedersorg, pleegorg, bejaardesorg
almal sorgbarendes wat vir ander sorg
om ‘n vorm van sorgeloosheid te kan geniet
daarteenoor staan verwaarlosing
‘n starre teenstellende
en sorgwekkende
helderheid
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.