Jongste aktiwiteit:

stil

–
“stil, broers,
daar gaan ‘n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.” (Jan F E Celliers)
–
leiers pop soos popcorn uit op ‘n warm pan
in grootse fanfare en luidkeelse simbaalse krete
kondig hul, hul eie onbehulpsaamheid aan
–
die profeet van pampoenvlei vertel ‘n storie
sy aanhangers lag en jil elke klankie wat hy maak
stories en uitsonderlike insigte wat nie bestaan
–
soveel duisende bewegings hoenderhen
slaafse volgelinge onder hul vlerke met ‘n kloek
duisende maal duisende skeur die kleed
–
wanneer daar wel ‘n man verby kom
sien niemand dit raak omdat die wol hul oë verblind
mag die Skeerder binnekort kom skeer
–
wat ‘n onherbergsame wêreld, my volk
slote en gate deur ons eie dwaasheid geploeg, gepleeg
sal dié Man wel kom – sal iemand Hom herken
–
©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed