hekel
sistematiese bewegings
oneindige geduld
gekromde skraal vingers
hekel daar ‘n doilie uit
oor my duin spoel die herinneringe
dit hekel aan my gedagtes
dit verwoes soms in verwyt
dan breek mooi herinneringe
weer deur die spierwit waterbries
soveel doilies al op my gewete
deur hekelaars ontbloot
lê die slagveld van onbeantwoorde drome
my skippie het nog nooit gekom
haar doilie hou steeds
my teepot warm
al word my gees
ook verarm
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.