
Vagevuur
VAGEVUUR
waar woorde in die vagevuur van my dink versink
vloei verse uit verbode woorde geskrewe
doop ek my pen in die swart van ink
druppend op perkamentrolle van die lewe
in die stil donker middernagtelike ure
skryf ‘n digter manifeste oor dood en lewe
waar minnaars min met grenslose mate
en skurke bloedoffers bring op strate
in die ruïnes van ‘n gebroke nasie
pryk bloedige graffiti op raadsaalmure
probeer mense bou aan ‘n eie spasie,
en opgeblase predikers pontifikaat kure
sou ons mekaar in díe woordevloed herken?
profete en leraars spreek woorde van lewe,
‘n land, gebroke, geskend, maar onbeken
sméék om herstel en ‘n offer van vrede
brand dan ‘n digter se offer van vredeverse
in die middernag ure op die genade altaar,
deur die ogiesdraad van tyd sien my dink
deur die vagevuur van híer en dáár ‘n nuwe land vir ons gebaar
©Riana Crafford
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek