Jongste aktiwiteit:

Paspoort na my

Paspoort na my

As my kyk in jou versink verblind jou blink my gees
die letters rrrol in diep lettergrepe uit jou mond
met jou oooo so bekende soutie duitse aksent
mesmeriseer jy my met die enigma van jou wees

op ‘n doodgewone dag het ek jou die eerste keer hoor lag
die adel in jou stap, die hemel in jou oë se kyk
met die duet refrein van koesterwoorde laatnag
het ek geweet … hierdie is ons kairostyd

jy verpoos so graag by my siel-wees
waar my Spreuke-vrou jou in verwondering bring
jy lees bladsy vir bladsy, elke sin en lettergreep
by Deborah se palmboom word jy tot stilstand gedwing

ek wonder oor jou stilraak vanaand as die son gaan slaap
ek remenis oor daardie hemelse gepraat
die diepe gesprek van ‘n Pa, Sy seun en ‘n geloofsdaad
en die verwondering van Hemelse beraad

jou hart jou verstand jou respek jou vertrou
jou helende koestering genees sonder berou
jy verstaan van vergifnis en vryspraak verniet verkry
jy weet van hartseer, nood en die doodsvallei

vanaand in jou alleen-wees bepeinsing
dans jou denke oor die eindelose Afrikaplato
oor afstand en jou hart se matelose hunkering
‘n plaas en ‘n hartbeeshuisie in die Karoo

en stadig word bande gebreek met ‘n vreemde verbond
lig jy jou tentpenne uit engelse grond
breek jy uit jou nomadiese embiostaat
‘n kaalvoet-handmaiden of ABBA het jou hart gekaap

en so sing Deborah haar nuwe minnelied
met die harp en die lier speel sy ‘n nuwe môrelied
getooi met die soetgeur van rose en jasmyn
koester haar bruidegom haar in Ofer-satyn

©️Riana Crafford




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed