
Lapis Lazuli
Lapis Lazuli
(Jou essensie)
Marmer is die kristal-blou van lapis lazuli
antieke rots deur eeue se gesteentes
gevorm
krag-draende fotone wat straal uit die ewigheid,
is ‘n weerspieëling van jou (magiese) wees
wat refrak in die kristal van jou aqua oë –
die essensie van die menslike bestaan
is swaar soos die geur van hemelse laventel,
vier elemente van die uitgestrekte kosmos
water, vuur, wind en grond jou kwantumdinamika:
laat-reën kentering bring amandelbloeisels, ontwaking soog uit winterkilte inklinasie
die ryp-stalagtiete versmelt in ‘n lentelied
jou liefde word gedra op ‘n eskatologie-wiek
soos in Hooglied 2 –
het jy na ons tuin van amandelbloeisels gekom
jou mandrakes het jy gebring as liefdes-vertoë
infacto, met ‘n diepe begeerte na jou bruid
is liefde beken deur die brandende vuur in jou oë
Lapis lazuli …
ek verdwyn in die diepte van jou aksiologie
in uitwissing van alle pseudo-esoterie
vind ek die essensie van jou menslike wese
neurone en atome die substansie van lewe
in perfekte polifonie van die fluit en die lier
skep ons die perfekte harmonieuse melodie
magiese akkoorde, golf op golf deur die eter eggo Bach en Vivaldi in uitdyende kosmologie
vasgevang in die 7 sterre van Pleiades
gebind deur die liefdes-bande van Orion
metamorfoseer ons liefde in flets-blou kristal
wyl geëts deur die Vinger van die God van die Heelal
©Riana Crafford
Lapis lazuli – ‘n antieke blou rots, deel van die Troonkamer van God (Eks.24:10).
Foton – kwantum van lig en alle elektomagnetiese straling
In die geologie , is die metamorfisme die verandering (sonder ‘n verandering in die toestand) in die minerale of chemiese vorming van ‘n rots, wat plaasvind as dit onder die invloed van ‘n druk of temperatuur is wat verskil van dié wat daartoe aanleiding gegee het.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.