Jongste aktiwiteit:

My lief

. … My lief …

Ek staan voor jou
my siel naak gestroop
van alles wat skeiding kan maak
tussen my en jou

in my hande lê my kintsugi-hart
geheel van alle wonde
die kosbaar
waarmee ABBA jou vertrou

ek mis jou vanaand my hart
soos ure dae word
weke en maande
tel ons elke sekond

ek sien die lag in jou oë
hoor die verlange in jou stem
maar ek kan nie aan jou raak
al wat ek het is ‘n beeld
in my hand

van misrytyd tot ewigheid
soek ek na jou
beken ek met die punte
van my vingers
jou beeld aan die anderkant

my skat
ek wil my woorde om jou hang
soos vanaand se miskaros
wat die kloof toehang

soos die gulson vir laas
deur die blare loer
wil ek kom dankie sê
soos die duif wat in Hooglied koer

vir jou liefde wat my lewe omvou
wat my koesterend toevou
nie alleen en kaal laat voel
wil ek wees alles wat jy wou
waardige vrou aan jou toevertrou

beken deur jou liefde
het jou naam soet geproe
as ek dit hoor op die gang
van die noordewind

… my lief …

©️Riana Crafford




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed