Inferno van smart
Inferno van smart
Soos note val
as vuurreën uit die lug,
dartel vlamme op my hartsnare,
vorm melodieë brandend
op die emosies in my hart,
skilder vlamgrypers
nou beelde diep in my sielesmart
gebrandmerk
om my op vonke te laat kadriel
jou naam geêts op my siel.
©️Riana Crafford
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.