gedeelde smart
gedeelde smart
geskryf deur Dale Penderis ©
liefste vriendin
ek bou vir jou ʼn on suite in die kamer van my hart
waar voltraan krane vrylik vloei
oor gedeelde pyn en bittersmart
kom stort die seer van gister in die skoon geskuurde waskom uit
begrip vir al jou leedwees
wat uit my eie menswees spruit
kom tap vir jou ʼn weelde bad
waar engele die water roer
hier sal jy genesing vind en die leuens van gister snoer
trek nou aan jou skoon gewaad
kyk volborstig in die spieël
saam sal ons die paadjie loop
en by die Here kniel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.