Soel seil jy stadig verby my sober siel terwyl ek sissend jou opslurp en later loop uit kots van suip en suip aan jou sinne en jou sagte beloftes. Soms sotlik kinderlik en sewe maal sewentig keer se sweer elke keer… siedend hoe ek sensueel sieklik raak van suip en suip aan jou sinne en […]

Ek het van my twintigs af, ʼn prentjie in my kop gekry, toe ek vrouwees en God beter probeer verstaan. Noukeurig het God sy tyd gebruik toe hy Adam geskape het. Adam is met kundigheid beplan, tot perfeksie afgerond en in liefde geskape. Hy het hom so gekyk…die man…en die diere en al Sy skeppings, […]


1974 is ek gebore in ʼn provinsiale hospitaal diep in die Karoo, waar Meiring poort jou uitspoeg in ʼn droë, nederige wêreld wat eindeloos voor jou uitstrek. My ma se dit was kwart voor een die oggend. Hoog somer. Google se dit was ʼn perfekte volmaan nag. Ek was amper naamloos gebore. My naam het […]

Partykeer bly ʼn sigeuner reg onder jou neus. Niks soos in die movies of in die boeke. Sy het net geleer om in te skakeer by die kleur pallet van massas. Tog is haar kleure bietjie anders. Dieper, ryp en amper soekend. ʼn Sigeuner siel is kaalvoet,…altyd. ʼn Sigeuner hart is ritmies… altyd. ʼn Sigeuner […]

Ek het geleer…… Dat die nag altyd lieg Ek het geleer….. Dat stukkende knieë jou cut down to size Ek het geleer…….. ʼn Mooi wat jou oë sien jou hart nooit vergeet Ek het geleer…. Dat stil word dieselfde is as bid Ek het geleer…. Dat God nie net Afrikaans praat nie Ek het geleer…. […]

Die middelste een vra mos min en as hy vra dan luister die Ma. Dis ʼn gesellige luim in die kar op pad terug van ʼn familie kuier. Elkeen het sy spreek beurt. Die middel een wag geduldig. Onderwerp? Troeteldiere. Elkeen uiter ʼn wens van die ideale troeteldier. “En jy Rhee kind, vra ek”? “Mams. […]

Dit was laat middag. Die hospitaal kamer is in ‘n skemer gevoel toegewikkel. Dae hier laat mens verlang na die son. Buite skyn die son, vir ander mense. Ek weet…. want tussen die lewelose beton sien ek die strale verspot rond dans op die hospitaal dak. Ek verlang na my kinders. Ek voel skuldig want […]

Die eerste keer toe ek by daardie robot stop, ingedagte met my dagboek wat wag op my lessenaar, hop ek soos ek skrik toe hy sy droë snotneus gevreetjie by my ruit druk. Ek sien eers die vuil neus en toe die bloedrooi sakkie perskes. Hy lag vir my groot skrik. Vies kyk ek rondom […]

Ek onthou toe ek my eerste “iets” verloor het. ʼn Hele twee rand, by die hoek kafee van die Portugees. My broek se sak was leeg toe ek my chips en los lekkers wou betaal. Ek onthou presies waar. Op die ander hoek op pad na die kafee was ʼn Rooms-Katolieke kerkie. My broer het […]




