Ek het geleer
Ek het geleer……
Dat die nag altyd lieg
Ek het geleer…..
Dat stukkende knieë jou cut down to size
Ek het geleer……..
ʼn Mooi wat jou oë sien jou hart nooit vergeet
Ek het geleer….
Dat stil word dieselfde is as bid
Ek het geleer….
Dat God nie net Afrikaans praat nie
Ek het geleer….
Tevrede kan in ʼn reuk lê
Ek het geleer dat…..
n Yskoue winter nodig is vir vuur warm somer
Ek het geleer….
Dat God negotiable is
Ek het geleer….
Dat bloed jou nie familie maak
Ek het geleer….
More is soms te laat
Ek het geleer….
3 Kommentare
-
Anze
Wat n pragtige lewensles le in hierdie puik gedig vasgepen!
-
Kiekies
Dankie dat ek ook weer kon leer deur jou woorde! So sooo soooo mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Ja, my kind, mens leer maar deurentyd. Salomo het dit reeds so gekonstateer. Die uireinde is immers mos dat wat mens sien en belewe nietigheid is as dit nie tot ons Skepper se verheerlikking is nie, ne. 'n Dierbare lessie self weer hier by jou kom leer!