Jongste aktiwiteit:

Fiela

Die middelste een vra mos min en as hy vra dan luister die Ma.
Dis ʼn gesellige luim in die kar op pad terug van ʼn familie kuier. Elkeen het sy spreek beurt. Die middel een wag geduldig. Onderwerp? Troeteldiere.
Elkeen uiter ʼn wens van die ideale troeteldier. “En jy Rhee kind, vra ek”?
“Mams. Ekke wil ʼn dogtertjie hond hê. Ek weet wat haar naam gaan wees. Fiela”, se hy.
Maande daarna glip ek een middag weg vir ʼn brood en melk.
Vlak voor die winkel se ingang sit ʼn opgeskote straatkind en links by die kind se vuil voete lê die kosbaarste stukkie straat hond. Moeg en honger. ʼn Fiela uitgeknip. Ek ignoreer hulle. Probeer nie onthou nie.
Ek se vir myself, as ek nou hier uitstap dan vra ek die kind of dit ʼn dogtertjie hond is en dan sal ek weet.
Ek hoop hulle is weg toe ek uitstap.
Nee, sit net daar op dieselfde plek.
“Dis ʼn pragtige hondjie die” probeer ek.
“Dja mavrou is ʼn mooi hondjie die. Haar naam is Mysie”, se hy sonder dat ek hoef te vra.
“Wil jy die hondjie verkoop”? vra ek. Wie verkoop sy mysie hond tog?
“Dja Mavrou!! Mavrou kan ha koep vir net ʼn honderd rand”.
Die meisie hond is pragtig, maar selfs op ʼn afstand sien ek die vlooie.
“Reg”, hoor ek myself se. “Bring die hond. Laai haar in my kar. Ek vat Mysie op appro”, se ek.
As my kind dink dis ʼn Fiela kom betaal ek jou more tien uur ʼn honderd rand. Ons skud hand.
Die kinders speel in die straat. Die koppies loer soos altyd in by die ruit of daar iets lekker in die sakke is.
“Rhee, kyk gou agter in die kar seun, se gou vir mamma wie sit daar”?
Rhee loer oor my skouer en kyk vas in ʼn meisie straat hond gesig.
“Fiela!!
Mamma waar kry jy vir Fiela? Hoe het jy geweet hoe lyk Fiela”, skree-vra hy.
Ek smile en ek kon sweer Fiela ook.
Tienduisend vlooie later en na een massiewe veearts rekening is sy deel van ons gesin. Onafskeidbaar. Rhee groet haar elke oggend met ʼn “hallo my dogtertjie hond”. Asof vir die eerste keer.
Vra die mense ons watse tipe hondjie Fiela is se ons met trots, sy is ʼn Hond. ʼn Opregte hond. Ons hond.

Sy is vandag drie jaar oud. Sy slaap op ʼn pienk kombers en Rhee glo aan wonderwerke en ons Fiela ook.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed