My sus in n sonstraal
Dit was laat middag.
Die hospitaal kamer is in ‘n skemer gevoel toegewikkel. Dae hier laat mens verlang na die son.
Buite skyn die son, vir ander mense. Ek weet…. want tussen die lewelose beton sien ek die strale verspot rond dans op die hospitaal dak. Ek verlang na my kinders. Ek voel skuldig want sy verlang na haar kinders ook.
Daar heers ‘n laat middag stilte in die hospitaal gange. Ek en my sus is elkeen besig met ons eie gedagtes. “Wat dink jy”? Ons wil nie vra nie. Dis nie nodig nie, want ons weet.
Ironie kom fluister in my oor. “Is dit nie ironies nie”, se Ironie vir my. “Wat vra ek”? “So ironies dat juis as mens wroeg met ‘n verdoemende siekte, hulle jou wil kom lê-maak in ‘n afgesonderde hospitaal kamer”? Juis dan wanneer dit voel of mens die siekte alleen dra, en juis wanneer mens son so nodig het. Dis dan wanneer hulle die son wegneem”. Ek kyk weer hoe die sonstrale daar ver op die dak speel. Ek kyk na my suster op die bed. “Kom ons gaan soek die son”, se ek vir haar uit die bloute. “Niks keer ons nie”? Huiwerig sit sy regop, haar oë honger vir die gedagte na ʼn goudgeel son wat die donkerte uit elke deel van jou donker siel verjaag. Daar staan ‘n rystoel in die gang. Ek gaan haal dit. Sy klim stadig in. Ek maak haar siek lyfie toe met die wit hospitaal kombers. Uit by die kamer, ons al twee huiwerig…. bang…..”son soekers”
Haar kop draai in die rigting van die oop kamers, sy kyk na die siek mense daarbinne. Almal daar omdat die een geskenk van die lewe van hulle weggeneem is. Deur die outomatiese deure ry ons tot by die deurskynende dakpanele waar die son deur skyn. Verby ontvangs…stop my nou net: dink ek. Hierdie het sy nodig. Ek gaan doen wat nodig is!
Vriendelik, goudgeel en warm groet die strale ons. Ek laat haar ‘n rukkie net so sit.
Die son skyn oor haar kop, haar lyf, ek hou haar dop en toe sien ek hoe die son haar siel was. Die son baai haar kanker lyf in bottergeel strale, warm, helder…lewend. Sy se niks. Sy sit, sy ontvang. Of dit genoeg was weet ons nie. Al wat ons weet is dat ons die son gekry het….
Ek stoot haar terug.
Die liedjie, “son vanger” refrein in my kop….
Ek hoor die son
daar ver agter vir
ons die woorde
s
i
n
g
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Oeeee hella, hier het jy nou my klop-hart in jou skryfhand vasgevat! Ek soek na 'n woord...puik klink soos 'n goeie biologie taak mooi klink soos 'n rooi Porche pragtig klink soos 'n pasgebore baba uitstekend klink soos 'n ma wat spog Briljant klink soos 'n nuwe wetenskaplike uitvindsel Maar as jy almal saamgooi en deurknie behoor daar 'n woord te onstaan vir hierdie skryfsel van jou.