
n Naam en n volmaan
1974 is ek gebore in ʼn provinsiale hospitaal diep in die Karoo, waar Meiring poort jou uitspoeg in ʼn droë, nederige wêreld wat eindeloos voor jou uitstrek.
My ma se dit was kwart voor een die oggend. Hoog somer. Google se dit was ʼn perfekte volmaan nag. Ek was amper naamloos gebore.
My naam het ek gekry agter op ʼn boek. Ma het ʼn boek van Breyten gelees terwyl sy vir my gewag het.
Met ʼn naam, ʼn volmaan en die draai van ʼn nuwe jaar het ek my eerste asem Karoo lug in ge asem.
Ma het my haar laatlam glips genoem. Pa het altyd gesmile as sy so se.
Ek wou weet en toe vertel ma my eendag.
Dit was ʼn mooi aand na ʼn Weduwee en Weesfonds Dans in April 1973. Sy was vyf en dertig. Sy het ʼn lang koningsblou aandrok met silwer skoene gedra en soos ʼn prinses gevoel.
Sy was mooi vir my pa.
Met my boek-naam en my ding met ʼn volmaan, wonder ek wat het van ma se koningsblou aandrok geword.
4 Kommentare
-
Anze
. ek dink daar nog nog baie BLOUbloed woorde uit jou pen vloei.. !! Pragtige foto
-
Toom
En met naam oor ak 'n Karoo-maan tem, nè? Of anders: wederydse vreugde! GvT
-
Kiekies
Met boeknaam en die volmaan, toor jy woorde in 'n sin-string wat my gemoed betower!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Sjoe dit is n trefferfoto Yolande