Jongste aktiwiteit:

Dapper Drome

Ek lê in die nanag van jou liefde
en verryk my in die weelde van jou droom.
Volg die kontoere van jou lyf
tot by die oase van lewensgewende rykdom
in die volheid van jou wysheid.

Ek verlustig my in die warmte van jou slaap
se vreugde wat uitgesprei lê in die arms van Morfieus.
Onbewus van die reis wat my oë langsaam
oor die weelde van jou vrouwees onderneem.

Ek verkeer in die verleiding van die knapuur
in jou slaap sonder om my oë te sluit.
En sonder dat my hart nagsê vir die voornemende
vertrek na die land van donker en drome.

My rusgsak gooi ek ongeerg oor my skouer.
Streel oor die lyne van jou lippe
wat blosend effens oop aan die woorde
van jou onbekende vêr-wêreldse ridder hang.

My mondhoeke krul
op in stil glimlag as ek hom
uitdaag tot tweegeveg om jou hand
wat reeds slapend-dood in myne lê.

Dis wanneer my swaard se punt
sy hart deurboor wat jy sag
oor my bors vee en slaperig
in my oor fluister: “Liefie jy droom.”

Met ‘n sug trek ek jou in my omhelsing vas.
Soen jou vinger met die trouring aan sag.
Dommel dan weer terug in die diep slaap
wat my wegneem na dapper drome vol illusies.

© Zymrly 5 April 2016




Deur woorde raak mense mekaar aan. Lees hou my gedagtes soepel om te kan skryf.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed