Emmers vol liefde.
Emmers vol liefde…(die hele kortverhaal)
“Bekka, jy weet dan hoe lief ek jou het, ek sal jou nooit verneuk nie!” Bekka vermoed haar groot liefde, Japie jok vir haar en verneuk op haar, maar die mense wat sy is probeer sy baie hard om hom te glo.
”Hoekom sal my ma vir my jok en sê sy’t jou saam ‘n ander vrou gevang?” vra Bekka toe sy langs hom op die bank gaan sit.
“Seker oor sy ons nog altyd uitmekaar wou hê, ek is met jou getroud en het ‘n belofte neergelê, voor jou en voor God, ek sal jou nooit verneuk nie my Bekka!”
“Wel dan glo ek jou as jy dit so stel my man, ek is rêrig jammer” antwoord Bekka terug en hulle soen en maak op.
“Ping, Ping” daar kom ‘n boodskap kom deur op Bekka se foon.
“Kyk hier Japie, so jy lieg toe wraggies al die tyd vir my !!” skree Bekka op Japie wat opgestaan het en oppad kombuis toe is…
“Man daai video is gedokter Bekka, glo wat jy wil !!” praat Japie hard, loop by die deur uit en slaan die deur kliphard toe…
Bekka val weer mismoedig op die bank neer, en begin kliphard huil, nou wens sy haar ma was hier om haar te troos, of nog beter haar man, Japie, nou weet sy nie vir wie om te glo nie, want haar ma het tog van die begin af probeer om vir haar en Japie uitmekaar te kry, en kon nog nie aanvaar dat hulle nou volwasse getroudes is nie…
Na drie ure is Japie nog nie terug by die huis nie en Bekka besluit toe maar om vir hom te bel om te hoor waar hy is..
“Prrrrr, lui die foon”
“Prrrrrr….”
Na ‘n minuut tel iemand die foon op, maar dit is ‘n vrou, Bekka wil nie kwaad raak nie en hou haarself kalm want sy stres oor waar Japie is.
“Hallo, wie is jy? Kan ek dalk met Japie praat asb?” vra Bekka vriendelik.
“Hi Bekka, ek is ‘n verpleegster hier by Vereeniging Medi Clinic, noem my maar Lottie, ek’t ongelukkig slegte nuus, jou man was raak gery in die hoofstraat en is tans in ‘n operasie”
Bekka sak neer op die eetkamertafel se stoel, sy kan nou nie haar ore glo nie. “Het hy voor ‘n kar ingeloop? Of was dit ‘n ongeluk? Gaan hy nog leef? Dit is die vrae wat in haar kop rond draai.
“Baie dankie dat jy my laat weet het Lottie, wat het gebeur?” vra Bekka nuuskierig terwyl sy kombuis toe stap om die kar se sleutels te gaan haal.
” ‘n Man het oor die rooi verkeerslig gery terwyl Japie besig was om oor die pad te loop, Japie is baie beseer maar na die operasie sal hy weer reg wees maar dit gaan lank vat vir hom om volkome te herstel” sê die dame.
“Baie dankie, ek klim nou in my kar en ry hospitaal toe, kan ek sommer vir jou vra voor by die toonbank?” vra Bekka weer..
“Ja dis reg mevrou, ek sal solank by die toonbank gaan wag, sien u nou nou daar” antwoord Lottie.
“Ag baie dankie, noem my sommer maar Bekka, hierdie mevrou is ‘n stywe storie, sien jou oor vyftien minute” antwoord Bekka, hulle sê vir mekaar totsiens, Bekka klim in die kar en ry hospitaal toe.
Vyftien minute later toe kom Bekka by die hospitaal aan, en voor by die toonbank wag Lottie reeds vir haar, Lottie vat haar na die saal toe waar Japie nou lê nadat hy geopereer is.
“Baie dankie dat julle so goed na hom kyk, ek weet nie wat ek sonder hom sal doen nie” sê Bekka nederig.
“Dis ‘n groot plesier mevrou, dit is ons werk !” antwoord Lottie terug en los vir Bekka en Jappie alleen dat hulle in privaat kan gesels.
“Hallo my man, ek is baie lief vir jou, jammer oor als” sê Bekka vir Japie toe hy net wakker word met ‘n hartseer toon in haar stem.
“H..a..ll..o my vrou doodreg, e..e….ek is ook lief vir jou” sê Japie sukkelend.
“Maak nie meer saak wat my ma sê nie, ek glo jou van nou af, as jy volkome herstel het dan trek ons uit hierdie dorp uit, weg van my ma af, dat sy nie meer moeilikheid tussen ons kan veroorsaak nie” sê Bekka kwaai…
‘En as ek dié dag nou rêreig moet kies, kies ek vir jou, oor…en oor…en oor…. en oor, ‘n duisend keer” sê Bekka weer.
Japie is nou bietjie meer wakker maar het baie seer, sukkel nog so bietjie om te gesels.
“Dankie, m…m..my vrou, e…e..e….ek is baie lief vir jou sal jou nooit ooit verneuk nie, ek het nie en ek sal nooit nie” antwoord Japie terug..
“Ek weet my man ek glo jou, ek is onsettend baie lief vir jou!”…..
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou …
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.