Die Wonderwerk.
Jackie vat haar man se hand waar hy op sy sterfbed in die hospitaal lê, sy begin haar hart uitpraat met hom, sy het nou al haar knieë deur gebid, dit is waarom sy besef hierdie is God se wil en nie haar wil nie, dus moet sy dit maar so aanvaar.
“My man, dat kanker nou ons lewe so deurmekaar kan kom krap, ek sal mooi kyk na ons dogtertjie ek belowe” sê Jackie en vryf haar maag wat wys sy is sewe maande swanger, Kobus se oë bly toe, hy rus al baie lank hier waar hy in die hospitaal op sy sterfbed lê.
“Ek sal haar mooi grootmaak, en sy sal weet wie haar pa was en hoe goeie man hy vir haar ma was” sê Jackie weer en Kobus druk haar hand bietjie harder om haar te laat weet hy hoor wat sy sê.
“Ja, ons tyd op aarde is beperk my man, maar jy sal altyd in my goeie herrineringe voortleef” Jackie begin huil.
“E…e..en wie sê v..v..v.vir jou ek gaan dood, e..e..ek haal nog asem en ek baklei hierdie kanker” Jackie staan verbaas na haar man en kyk, sy oë is steeds toe maar ten minste het hy probeer praat, Jackie staan op uit die stoel langs Kobus se hospitaal bed.
“Ja my lief, ons baklei saam, ek sal aanhou bid tot ek nie meer op my knieë kan staan nie” beloof Jackie en buig oor Kobus om vir hom so halwe tipe drukkie kan gee, hy het altyd sulke lekker drukkies gegee, en sy mis dit onsettend baie !
“Maar ek moet nou gaan, ek gaan gou ‘n draai by my ma maak, en dan gaan ek huis toe om so bietjie te rus….en te bid. Ek is lief vir jou my man, ek sal altyd lief wees vir jou, daar was dalk heelwat liefdes voor jou, maar jy is die ware een, en daar sal nie ‘n ander liefde na jou wees nie !” ‘n Traan rol weer by Jackie se wang af, maar hierdie keer probeer sy sterk wees, vir haar man se onthalwe, sy groet hom ‘n laaste keer, loop uit kar toe en ry na haar ma se huis toe, haar ma bly nie baie vêr van die hospitaal af nie en binne tien minute is sy by haar ma se huis en klop aan die deur.
“Kom binne my kind, ek het gesien toe jy voor die hek stop ek is hier in die kombuis besig” klink ‘n stem vêr diep in die huis, Jackie maak die deur oop, daar hang so ‘n lekker kook boerekos reuk oral in die huis, Jackie loop kombuis toe om haar ma te gaan groet, hulle omhels mekaar, en elkeen gee vir die ander een ‘n pik soentjie.
“Hoe gaan dit met jou my kind? En hoe gaan dit met Kobus se gesondheid?” vra tannie Marie.
“Gaan beter as gister dankie ma, met Kobus weet ek nou nie presies hoe dit met hom gaan nie, hy het vandag darem ‘n sin probeer praat en ek is baie dankbaar daarvoor” antwoord Jackie terug en gaan sit by die kombuis tafel waar sy altyd gesit het om vir Kobus liefdes briefies te skryf.
“Dit is ‘n goeie teken my kind” sê tannie Marie.
“Ja dit is ma, en hy sê hy baklei baie hard teen die kanker” sê Jackie trots.
“Sjoe dit is nog ‘n goeie teken, hy is nog altyd ‘n vegter my kind, hy sal nie sommer moed opgee nie” sê tannie Marie en gee vir Jackie ‘n een arm drukkie terwyl sy besig is om die aartappels in die pot te gooi.
“Dankie moeksie, ek is net dankbaar vir al die goeie tye wat ons saam kon deel tot nou toe” sê Jackie met een groot glimlag op haar gesig.
“Ja dit is rêrig iets om altyd voor dankbaar te wees” antwoord tannie Marie terug en gaan sit langs Jackie by die tafel.
“Daai een keer toe gooi hy my sommer in die swembad by sy boetie se huis, toe word ek darem nie kwaad nie, later dieselfde dag toe doen ek dit met hom.. Ha ha” Jackie onthou weer ‘n goue oomblik, daarna groet sy haar ma en ry huis toe om te probeer rus, toe sy by die huis aankom stap sy dadelik slaapkamer toe.
En sy sak op haar knieë.
“Vader, U weet dat ek ‘n dogtertjie het wat oppad is in die lewe in, ek is al klaar reeds so baie lief vir haar en ek sal altyd net die beste vir haar wil hê. ek wil vra dat U vir haar die beste pa sal gee, die een wat nou op sy sterfbed lê, ek glo my man sal ‘n uitstekende pa wees, maar baie baie dankei Vader vir elke goue oomblik saam met Kobus, Here. Baie baie dankie ook vir al die seëninge oor ons pad en dat U ons sondes vergewe.
Ek bid al hierdie goed nie omdat ek dit verdien nie maar alleen in U naams ontwil, Amen !” Na haar gebed klim Jackie in die bed en probeer slaap, sy sukkel om aan die slaap te raak en dink die hele tyd aan Kobus, na ongeveer ‘n uur raak sy vas aan die slaap !
Twee uur die volgende oggend toe skrik Jackie wakker deur haar selfoon wat begin lui, ‘n Nicholis Louw liedjie speel kliphard. Nog deur die slaap loop sy na die foon toe wat op haar spieëlkas lê en antwoord hom.
“Hallo, Jackie wat praat !”
“Hi Jackie, dit is Adelle hier van medi clinic, die hospitaal waar jou man lê” sê die foon agter die foon.
“Hi Adelle, wat is fout?” vra Jackie bekommerd.
“Jou man is kankervry, hy is wawyd wakker maar sal nog vir so ‘n paar dae moet uitrus hier in die hopsitaal” sê Adelle blyend.
“Wat ! Jy speel seker !” sê Jackie.
“Nee ! Ek speel nie met my pasiënte se gesondheid nie” antwoord Adelle.
“Wow, prys die Here ! Ek klim nou dadelik in my kar en ry” sê Jackie opgewonde.
“Dit is reg, sien jou binnekort” antwoord Adelle terug, hulle sê totsiens, Jackie loop uit na haar kar toe en ry hospitaal toe.
…….Die einde.
©Timothy De Vos Botha 11 Feb 2016 09H45vm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.