Dankbaar vir U beloftes
Die keuses wat ek moes maak lank geleë,
was dalk verkeerd maar ek’t baie daaruit geleer.
Vandag het ek heelwat bereik,
dalk nie wat ek wou nie,
maar die lewe gee my nou ‘n beter uitkyk.
Omvou met oneindige liefde elke dag,
kan ek net sê dankie God,
vir al U liefde,
en vir die gawe om te lag.
Die pad wat ek verder moes stap,
het ek net op U vertrou,
ek het nie weer aan ander se beloftes, geglo,
U breek nooit ‘n belofte nie,
daar is nie meer ‘n twyfel in my,
daar is iemand groter en almagtiger daar Bo.
©TDeVosBotha 2016/01/08 13H51nm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.