Miss en die perskes
Die eerste keer toe ek by daardie robot stop, ingedagte met my dagboek wat wag op my lessenaar, hop ek soos ek skrik toe hy sy droë snotneus gevreetjie by my ruit druk.
Ek sien eers die vuil neus en toe die bloedrooi sakkie perskes. Hy lag vir my groot skrik.
Vies kyk ek rondom my en sien so paar mense in karre proes van die lag.
“Bliksem” se ek. “Nee miss”, se hy en die robot slaan groen.. en hy waag om vir my te waai.
Ek sien hom elke dag op die selfde plek met rooi perskes.
Ek is nog steeds vies vir my groot skrik en ek groet hom nie terug nie.
Een middag op pad terug huis toe stop ek weer by die robot. Na weke se “Hallooo Miss”, as hy my kar sien en ʼn yskoue skouer van Miss…. besluit ek die perskes lyk rooi genoeg en die vergewe is verdiend.
Ek stop langs die pad, grawe vir geld en ons gesels. “Miss was laat nou die oggend nè”? “Was Miss Vrydag siek, ek het Miss nie gesien nie. Issit Miss se seun nou die dag saam Miss innie kar”?
Miss is sommer half skaam kwaad nog en gee ʼn ekstra vyf rand sommer oor skaam geit en sy omgee.
Die perskes was nie lekker nie. Helfte pap en die ander helfte te hard.
Ek se vir hom die volgende dag. “Nee man! Ek koop net mooi niks weer by jou nie”.
Die werksdae loop in een. My perske verkoper skree elke liewe dag nog steeds… Hallooo Miss. Rêrig- erig bly om my te sien. Ek vang myself soek na die kind soos ek aankom na die robot. Ek soek na sy groet. Ek voel soos ʼn perske celebrity tussen al die ander karre.
Na twee jaar se ry heen en weer werk toe raak Donovan deel van my werk week. Onmiskenbaar so.
Ek koop nie sy perskes nie. Dis ons ooreenkoms. Hy waai. Ek waai. Kry ons mekaar vir drie minute by die rooi lig dan stop hy alle verkope. Hy vra of ek laat was, of ek nou die oggend gehuil het en of ek Desember met vakansie gaan.
Ek verstaan nie altyd alles in die lewe mooi nie. Ek wonder wat is sy sewentien jaar verskil van my sewentien jaar seun.
Net ʼn sakkie perske…. want al twee is lief vir Miss.
3 Kommentare
-
Kiekies
Ai man nou wonder ek ook? Dankie dat jy kleur in sy lewe bring al koop jy nie meer perskes nie. Mooi loop Miss.
-
Koekekranka
So 'n snotneus klim deur sy spontane onbehepte dierbaarheid mos vinnig onder 'n mens se vel in sal ek glo. Ek loop ongelukkig diegene aan die anderkant van die muntstuk raak wat jou wil verplig om sy saamdra te koop en as jy nie wil nie skuur hulle hulle houers teen jou kar om dit te beskadig, wetende dat die aanstormende verkeer geen ruimte laat vir regstelling nie. Heerlik gelees!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dit was nou n lekker lees!!!