Jongste aktiwiteit:

Sigeuner

Partykeer bly ʼn sigeuner reg onder jou neus. Niks soos in die movies of in die boeke. Sy het net geleer om in te skakeer by die kleur pallet van massas. Tog is haar kleure bietjie anders. Dieper, ryp en amper soekend.
ʼn Sigeuner siel is kaalvoet,…altyd. ʼn Sigeuner hart is ritmies… altyd. ʼn Sigeuner wese…. skiet nooit wortel.
Kaalvoet, dans sy ritmies in klein piazzas tussen stukkende riet stoeltjies. Koop vars gebakte brood in Mesopotamië en swem in vlak lou water van die Mediterreens. Sy versamel kleure. Die diep purper van Morocco se markte. Die swaar goud van die Sahara en ʼn bietjie blou van die Noorse horison.
Kry mens haar op die lang uitgestrekte paaie van iewers na êrens, en jy vra waarnatoe die pad haar vat, sal haar antwoord heel waarskynlik wees: “ek sal binnekort weet”. Ontmoet jy haar dalk weer in Pharos by ʼn stoepkafee, vra haar tog: “Hoe voel dit om huisloos te wees sigeuner”?
Haar hart sal jou saggies antwoord…” vry.”




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed