Verdwaalde hart
Soos ‘n wilgertak se wieg
in skemer’sak se rimpel-kring
is dit jy wat vrede
vir my bring
Waar klein golfies
teen die kante klots
voel ek hoe die druppels
warm spoel oor my sielsgelaat
Jy steek jou hande uit na my
verlore in die sirkel van liefde
met jou eie seer
vee my hart jou krummels op
3 Kommentare
-
-
Arnold
Goed verwoord.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig Palet!